Krag en Wysheid ( Christus ; Wysheid )
Ou Testament
*Jesaja 10:13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die
grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp.
*Jeremia 10:12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
*Jeremia 51:15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan
het deur sy verstand--
*Daniël 2:20 Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
*Daniël 2:23 U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend
gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
Nuwe Testament
*1 Korintiërs 1:24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van
God.
*1 Korintiërs 2:4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
*1 Korintiërs 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
*Openbaring 5:12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
*Openbaring 7:12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte
aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.
(Terug na Bo)